Dit gebeur net een keer per jaar. Op daardie dag word jy gevra om tyd af te knyp om iemand anders se hart te verbly. En jy hoef nie eens die hele dag daaraan te wy nie, net 67 minute.

Ja, dis amper weer tyd vir Internasionale Mandeladag en vanjaar hoop die organiseerders die weldade van 18 Julie sal van nog groter liefde en begrip getuig as in die vorige jare.

So wil Kurt help: 

Kurt Darren het met Extreme Fishing kragte saamgesnoer en gaan sowat 10 minderbevoorregte seuns nooi om twee dae lank op sy plaas buite Naboomspruit in Limpopo te kom kampeer en visvang.

Hulle sal 11 en 12 Julie daar deurbring, ’n paar dae voor die amptelike Mandeladag-viering.

Die gewilde sanger wil vir die seuns die ervaring van ’n leeftyd gee en sal hulle op ’n eksklusiewe visvang-uitstappie neem.

As jy seuns in die Pretoria-omgewing ken wat jy graag daarvoor wil benoem, stuur hul besonderhede na Inge@media24.com en gee ook redes waarom jy dink hulle verdien om saam te gaan.

Die wenners sal in ’n trekking gekies word.

Volg Huisgenoot op Twitter.