Lees hier wat sê Kurt Darren oor sy nuwe album, Lied vir die Vrou, en kry ook ’n gratis voorsmakie van een van sy gunsteling-liedjies op die nuwe album, Dans op die Tafels Hy word binnekort pa en kan nie meer wag nie. Maar voor hy oor ’n paar weke sy dogtertjie ontmoet, moes Kurt Darren eers aandag skenk aan ’n ander baba: sy nuwe album, Lied vir die Vrou, wat nou landwyd beskikbaar is.

'Ek was laas met Kaptein so opgewonde!'

“Ek is regtig baie opgewonde oor die nuwe album. Ek was laas met Kaptein so opgewonde! Dis ’n nuwe klank wat ’n gemaklike gevoel in jou maag laat,” vertel hy opgewonde.

“My gunsteling-liedjies is Dans op die Tafels, Lied vir die Vrou en Cowboys en Crooks. Hulle almal bied iets anders! Daar is ook ’n liedjie, Dimpels, wat ek vir Dunay geskryf het, want dit was aan die begin van ons verhouding my bynaam vir haar.”

“Die CD is opgedra aan Dunay en ons prinsessie. Sodra ek haar ontmoet en ’n bietjie tyd met haar deurbring, sal ek die mooiste liedjie ooit vir die kleinding skryf.”

KLIK HIER vir 'n voorsmakie van Dans op die Tafels.

- Suzanne Venter