Kyrah is om 12:26 gebore en het 3,3 kg geweeg.

Kurt het gistermiddag aan Jacaranda FM gesê hulle het eers ná hul dogter se geboorte besluit wat haar naam gaan wees.

“Ons het ’n Bybelse naam gekies. Die naam beteken edele dame,” het hy gesê.

“Dit voel fantasties. Die enigste probleem is, sy lyk soos ek; die kennetjie en die oë en die neusie,” het Kurt geskerts.

Hy het aan die radiostasie gesê dit gaan goed met Dunay.

“Dit het so vinnig gebeur; ons het ’n goeie span om ons gehad. Almal is gelukkig,” het hy gesê.

Die egpaar is in 2011 getroud en het in April aangekondig hulle gaan ouers word.

Bronne: Netwerk24, Jacaranda FM, Twitter