Kurt se vrou, Dunay, het die skattigste kiekies gedeel van hul oulike nege maande oue seuntjie, Kade, en sy ousus, Kyrah (2) se eerste keer in die sneeu. 

“Ons engeltjies se eerste keer in die sneeu. #weskaap #galgeberge #mcgregor #roadtrip #sneeu,” skryf Kurt in die sosiale media. 

Dunay is ewe trots en kan nie genoeg kry van haar twee kinders nie. "Soveel liefde! My hart en my beker loop oor. Ek bid ’n lang lewe, gesondheid, geluk en seën oor julle engeltjies, en mag ek daar wees om dit alles saam met julle te ervaar," skryf sy op Instagram.

Dit lyk natuurlik asof klein Kade hom gate uit geniet het met ’n breë glimlag en oulike winterpakkie.

"My eie sneeuman," skryf Dunay op Instagram.

En die Loslappie-sanger se aanhangers stem heeltemal saam!

“Pragtig, Kurt, ’n gesin om op trots te wees,” skryf George Mason op Facebook.

“Sulke plat op die aarde mense, wonderlike seëninge,” skryf ene Marinda O’Connel.

"Jy is so ’n pragtige mamma," skryf Steve Hofmeyer se vrou, Janine.

Kurt se gesin het die vakansie in die sneeu geniet terwyl hy in Texas, Amerika, gekuier het.

Dallas Texas se Six Flags, awesome tye!! @huisgenoot @bokradio #rides#amusementparks#making memories

A post shared by Kurt Darren (@kurtdarren) on

Te oulik!

Hier is ’n spesiale Liedjie-speellys om jou van alle kommer, sorge en die bibberende koue te laat vergeet.