Kurt het die nuus met sy Twitter-volgelinge gedeel. “Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd!!” het hy getwiet.

Die paartjie se eersgebore dogtertjie is al amper twee jaar oud en het in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot het hulle vertel klein Kyrah is baie opgewonde oor die koms van hul kleinding.

“Hy is gesond, hy is beautiful en dit was net stunning,” vertel ’n begeesterde Kurt. Dunay is in ’n hospitaal in Kaapstad en sy gaan nog tot Vrydag in die hospitaal wees. “Dit gaan goed met Dunay,” het Kurt aan Huisgenoot gesê. Kort na hul seuntjie se geboorte het Kurt eksklusief aan Huisgenoot vertel wat die kleinding gaan heet! Gaan loer hier om uit te vind wat die seuntjie se oulike naam is. So het Kurt Maandag op Twitter in afwagting van hul nuweling se koms reageer

Vandag, presies 'n maand gelede het Kurt hierdie trotse oomblik gedeel
Pragfoto van Dunay en Kyrah as deel van haar swangerskap-fotosessie

A photo posted by Dunay (@dunayvanheerden) on

'n Oulike idee om Kyrah nog meer deel van die groot oomblik te maak.

A photo posted by Dunay (@dunayvanheerden) on

Van die gelukwense op Twitter