[caption id="attachment_123922" align="alignnone" width="600"]Die kurator van die kunsuitstalling, Sandra Hanekom, en Huisgenoot se bemarkingshoof, Edmund Beukes, vier saam die Kanna. Foto: Marelize Potgieter. Die kurator van die kunsuitstalling, Sandra Hanekom, en Huisgenoot se bemarkingshoof, Edmund Beukes, vier saam die Kanna. Foto: Marelize Potgieter. [/caption]

Die kurator van die tydskrif se kunsuitstalling, Huisgenoot. Hartgenoot. Kultuurgenoot: 100 Jaar, is vir die beste prestasie in visuele kuns by die KKNK bekroon. Die uitstalling vorm deel van Huisgenoot se eeufeesvieringe.

Die redakteur van Huisgenoot, Henriëtte Loubser, is verheug oor dié pluimpie.

“Met hierdie kunsuitstalling is Huisgenoot se mylpaal-verjaardag op ’n besonderse manier gedenk,” sê Henriëtte.

“In ons vroeëre jare het werke van kunstenaars soos Gregoire Boonzaier, Walter Batiss en J.H. Pierneef op Huisgenoot se voorblad gepryk. Ons het ook oor kunstenaars en hul uitstallings geskryf. Vir die KKNK-uitstalling is 13 eietydse kunstenaars toe gevra om werke van die daardie vroeëre kunstenaars te herinterpreteer.

“Dit onderstreep die rol wat ons al van die vroegste tye in die Afrikaanse kultuur speel, op vele vlakke en gepas vir elke era.

“Baie dankie aan die kurator van die uitstalling, Sandra Hanekom, vir die passievolle en kundige manier waarop sy hierdie taak aangepak het.”

Sandra sê sy is bly oor die toekenning. “Ek is trots om die storie van kuns in Suid-Afrika te kan vertel.”