Die kunstenaar, Plastic Jesus, word deur party beskou as die Banksy van Los Angeles. Hy het aan The Hollywood Reporter gesê dat hy keelvol is vir dié gesin wat “so ingeboesem in ons kultuur geraak het”. “Ons het toegelaat dat die hoofstroommedia net op wins toegespits is en ons offer nuwe, ware stories op om ons beheptheid met bekendes te voer,” het hy gesê. Hy het die bordjies oral in Los Angeles opgesit, ook voor die bekende susters se klerewinkel, Dash. Die bordjies is reeds almal verwyder. Dis nie die eerste omstrede kunswerk van dié kunstenaar nie. In Februarie vanjaar, net voor die Oscars, het hy ’n Oscar-beeldjie wat kokaïene snuif, uitgebeeld.

La Brea and Hollywood Blvd #oscars2015 #oscars #academyawards #hollywood #streetart #streetartla

A photo posted by Plastic Jesus (@plasticjesus) on