Dit was die inspirasie agter die Italiaanse digitale kunstenaar Cristina Guggeri se versameling skeppings waarin sy mense soos die Amerikaanse president, Barack Obama, koningin Elizabeth II en die Dalai Lama uitbeeld hoe hulle moontlik kan lyk wanneer hulle die badkamer besoek. Die foto’s is digitaal gemanipuleer en is getiteld Daily Duties.

Ook deel van die uitstalling is die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, die Russiese president, Wladimir Poetin, Israel se premier, Benjamin Netanyahu, en die berugte voormalige Italiaanse premier Silvio Berlusconi.

In elkeen van die foto’s sien jy die figure se onderklere soos sy dit uitbeeld, asook die agtergrond van die badkamer. Sy het die foto’s op haar Facebook-blad gelaai.

Loer hier na die video van die foto's: