Neem ’n handvol splinternuwe liedjies wat maklik treffers kan word, kry van ons voorste sangers om hulle uit te voer, bekroon daarby die room van ons Afrikaanse musiekkunstenaars vir hul prestasies van die afgelope jaar – en wat kry jy? ’n Glansaand wat geen liefhebber van Afrikaanse musiek wil misloop nie!

Huisgenoot se Tempo-toekenningsaand het verlede jaar ’n nuwe baadjie aangetrek toe die wenners van ons jaarlikse Liedjieskryfkompetisie by dieselfde geleentheid aangewys is. Vanjaar maak ons weer so op Dinsdag 27 Julie by Emperors Palace in Kempton Park.

Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Nicholis Louw, Andriëtte, Rudi en Corlea, Karen en Viljoen, Wicus van der Merwe en Snotkop sal almal op die verhoog by vanjaar se Huisgenoot-Tempo-toekenningsgeleentheid wees.

Nie net sal jy die gewildste Afrikaanse treffers daar hoor nie, maar ook die nuwe liedjies – uit die pen en hart van Huisgenoot se lesers – wat beloof om in die volgende jaar die speellyste te oorheers.

‘‘Vanjaar se deelnemers is beslis baie ernstig oor hul liedjieskrywery. Dit bewys net weer dié kompetisie is lewensvatbaar.  En die kunstenaars wat die finaliste se liedjies gaan uitvoer, is net so opgewonde daaroor,’’ vertel Heidi Edeling, ’n kenner van die musiekbedryf en beoordelaar van vanjaar se inskrywings.

In tipiese Huisgenoot-styl gaan geen lang, vervelige toesprake ons glansryke toekenningsaand bederf nie. Nee, dit gaan ’n vertoning soos min wees met oorgenoeg sang en musiek. Gesoute kunstenaars en heelwat op en wakker nuwe gunstelinge gaan dit trouens in die moeder van alle musiekmakieties omskep.

Kom kuier saam

Bespreek vandag nog plek vir Huisgenoot se Tempo- en Liedjieskryftoekenningsaand op Maandag 26 Julie by Emperors Palace in Kempton Park. Die kaartjies kos net R150 elk. Bespreek jou sitplek by Computicket by 083-915-8000 of gaan na www.computicket.co.za.

Waar: Emperoros Palace in Kempton Park

Wanneer: Dinsdag 27 Julie