Kan jy ’n tyd onthou toe daar ’n troeteldiervriendelike restaurant om elke hoek was? Ons kan ook nie. Ons weet hoe moeilik dit is om veilige parke en goeie restaurante te kry waar jou vierpotige vriende welkom is. Daarom het ons, net betyds vir die feestyd, plekke in en om Johannesburg gekry waarheen jy jou dierevriende kan saamneem.

  • 1.    Walkhaven-hondepark

Hierdie park op Muldersdrift het 22 ha welige gras. Dis nie al rede waarom dit op ons lysie is nie; op hierdie eiesoortige kuierplek vir diereliefhebbers is ook ’n restaurant en kroeg waar troeteldiere welkom is.

  • 2.    Vovo Telo

Dié dierevriendelike eetplek is in Sandton. Hulle verkoop nie net heerlike brood en soetgebak nie; hulle verskaf ook waterbakke vir troeteldiere aan leibande.

  • 3.    Die Veldtuin

Dié park, in die hartjie van Johannesburg se middestad, is op die lys van die beste parke in die stad. Dis ook ’n nasionale gedenkwaardigheid.

  • 4.    Moyo Zoo Lake, Parkview

Hierdie restaurant verdien ’n goue ster omdat dit vir die hele gesin voorsiening maak. Hul kos is ook lekker en hulle is kinder- en troeteldiervriendelik.

  • 5.    Lonehilldam

Die goeie sekuriteit hier maak dit ’n uitstekende plek vir ’n heerlike en veilige uitstappie met jou troeteldiere. Dis ’n gewilde plek om met honde te gaan stap en ’n goeie plek om diereliefhebbers te ontmoet.

  • 6.    Detapark

Hierdie park in Randburg is een van die grootstes in Johannesburg. Daar is genoeg plek vir balspeletjies met jou hond, of om die natuurskoon te geniet terwyl hy rondsnuffel.

  • 7.    Gillooly’s Farm

Hierdie 44 ha in Bedfordview is die perfekte wegbreekplek van die stad se gewoel. Bring jou hele gesin, die honde inkluis, hiernatoe vir ’n piekniek of vleisbraai terwyl julle die uitsig oor die meer geniet.

  • 8.    Salvation-kafee

Hierdie troeteldiervriendelike restaurant in Milpark sit gesonde en watertandlekker kos voor. Jou viervoetige vriende is ook welkom daar.

-         Koketso Mashika (@koketsoMashika)

Bron: http://www.joburg.co.za