Salem (18), ’n student aan die universiteit van San Diego, se besondere sproete het daartoe gelei dat sy aanlyn met ’n piesang of ’n jagluiperd vergelyk is. Dan was daar ook gerugte dat sy die een of ander velsiekte onder lede het. Maar dit was juis haar unieke voorkoms wat haar nou een van die gelukkigste tieners ter wêreld gemaak het. Sy het onlangs op Twitter dié foto’s gedeel waarin sy dié bedank wat haar gespot het. “Dankie as jy ooit enigiets goeds of slegs te sê gehad het; dit het tot my voordeel gestrek.”

  Salem het ook op Instagram dié bedank wat haar van meet af aan bygestaan het.

how it all started... thanks if you've kept up with me since this ???

A photo posted by SALEM (@salemmitchell) on

  Vier dae gelede het sy hierdie foto op Instagram gedeel. “My nuwe tuiste. Ek’s so bly om (die nuus) te deel dat ek nou by Ford Models is. “Ek wou nog altyd ’n model gewees het, maar het nie gedink dis haalbaar nie.”

A photo posted by SALEM (@salemmitchell) on

  Fotograwe staan glo tou om die unieke meisie af te neem. Sy het reeds modelwerk vir Vogue, Gucci, Missguided en selfs Beyoncé se webtuiste gedoen.

A photo posted by SALEM (@salemmitchell) on

  “Ek bemark onkonvensionele skoonheid, want ek voel regtig vol selfvertroue in my eie ‘ongewone’ vel. Ek wil hê almal daar buite moet ook so voel. “Jy hoef nie soos die pragtige mense te lyk wat ons in die media sien nie. Daar is nie ’n vaste standaard wat iemand mooier of begeerliker as die volgende mens maak nie. “Elke mens beskik oor hul eie individuele styl en skoonheid.”

A photo posted by SALEM (@salemmitchell) on

  In ’n onderhoud met die glansmodetydskrif Vogue vertel die It-Model dat sy nie juis van grimering hou nie. Inteendeel, soms dra sy glad nie enige grimering nie, en as dit moet – net ’n bietjie. Water waarby soms ’n bietjie kokosneutolie gevoeg word, is haar standaard-gesigwasroetine.

A photo posted by SALEM (@salemmitchell) on

 

Bronne: vogue.com, metro.co.uk, wonderlandmagazine.com