Vriende van Mallory Grossman, ’n gr. 6-leerder aan die Middelbare Skool Copeland in Rockaway Township, sê die meisie het verlede Woensdag haar lewe geneem nadat boelies haar op Snapchat geteiken het.

Haar dood word nou ondersoek. Owerhede moet nog bevestig of sy haar eie lewe geneem het.

Sy was “’n wonderlike kind – oulik, slim, goedhartig, stil"

Mallory se ma, Dianne, ’n tekstiel-entrepreneur, het glo net ure voor haar kind se dood by haar skool gaan kla oor die afknouery, het familie en vriende aan NBC New York gesê.

Mallory was ’n kranige rasieleier en gimnas. Haar voormalige gimnastiek-afrigter, Paula Gehman, sê sy was ’n goeie leerder en atleet en gewild onder kinders. Sy was “’n wonderlike kind – oulik, slim, goedhartig, stil", vertel Paula.

Die meisie was dol oor die buitelewe, word in haar doodsberig vertel. Sy het duidelik ook ’n hart van goud gehad. In haar vrye tyd het sy juwele gemaak en verkoop en die geld aan ’n somerkamp vir kankerlyers geskenk.

Sy laat haar ouers, Dianne en Seth, twee susters, Carlee en Kristen, en ’n broer, Ryan, agter.

’n Veldtog  is op die geldinsamelingswebtuiste GoFundMe begin om die gesin met hul uitgawes te help. Tot dusver is amper R900 000 ingesamel. Van dié geld gaan geskenk word aan liefdadigheidsorganisasies wat Mallory na aan die hart gelê het.

In 'n gedenkboodskap aan Mallory is hierdie gedig aan haar opgedra:

I'll Paint You A Rainbow

          I'll paint you a rainbow to hang on the wall,
to brighten your heart when the grey shadows fall.?
On a canvas of joy outlasting the years,?
with a soft brush of sweetness to dry all your tears.?
I'll paint you a rainbow with colours of smiles?
That glow with sincerity over the miles.?
On a palette of words I will tenderly blend?
Tones into treasures of sunlight and wind.??
I'll paint you a rainbow that reaches so wide,?
Your sights and your sorrows will vanish inside,?
And deep in the center of each different hue,?
A memory fashioned especially for you.?
So lift up your eyes, for suspended above,?
A rainbow designed by the fingers of love. . .

Bronne: dailymail.co.uk, normandean.com, nydailynews.com