Huisgenoot se eerste fliek, die romantiese drama Vir die Voëls, is die hoogtepunt waarmee ons Huisgenoot se eeufeesjaar gaan afsluit wanneer dit op 25 November in fliekteaters landwyd begin draai.

En ons kan nie meer wag nie!

Saam met ons vennote kykNET Films en The Film Factory wil ons jóú op hierdie opwindende reis neem deur gereeld lusmakers te deel. Hierdie week is die lekker verrassing op die middelbladsye van jou nuutste Huisgenoot, die uitgawe van 15 September wat vanaf Vrydag 9 September op die rakke te kry is.

Ja, dit is die amptelike plakkaat van die fliek wat eksklusief en éérste op die middelblad van die Huisgenoot verskyn. Koop dus jou Huisgenoot, haal die pragplakkaat uit, plak dit soos van ouds teen jou muur of kas, neem ’n foto en deel dit op Huisgenoot se Facebook-blad om in te skryf.

WAT SAL DIE WENNER LOSSLAAN?

  • 'n Dubbelkaartjie na die amptelike première (Die reis- en verblyfkostes sal deur die fliek se vervaardigers betaal word.) om die sterre van die fliek te ontmoet;
  • 'n Jaar se digitale intekening op Huisgenoot,
  • 'n DVD-geskenkpak met 10 van jou gunsteling-flieks deur The Film Factory – flieks soos Vir Altyd, Ballade vir ’n Enkeling, Pad na Jou Hart, Hoofmeisie, Roepman, Wolwedans in die Skemer, Ek Joke Net 1 en 2, en Bakgat 1, 2 en 3;
  • 'n Getekende Vir die Voëls-fliekplakkaat; en
  • R1 000 kontant!

Sluitingsdatum: 15 September 2016 om middernag

Wanneer word die wenner aangekondig?

Hou Huisgenoot se Facebook-blad op Vrydag, 16 September dop vir die bekendmaking van die wenner!

Bepalings en voorwaardes

* Die kompetisie duur van Vrydag 9 September 2016 tot middernag 15 September 2016.

* Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul familie, mag nie inskryf nie.

* Slegs mense binne Suid-Afrika se landsgrense kan in aanmerking kom vir die prys. 

* Die wenner sal lukraak gekies word en op Vrydag 16 September op Huisgenoot.com en op Huisgenoot se Facebook-blad aangekondig word.

* Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

* Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

* Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

* Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die prys binne ’n redelike tyd (vier tot ses weke).

* As jy vir die kompetisie inskryf, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.