As geskenke vir jou belangrik is, het jou maat en kinders dalk ’n leidraad of twee nodig oor wat presies jy wil hê. Hier is vyf wenke oor hoe jy hulle kan laat weet wat op jou wenslysie is.

  1. Speel wys-en-vertel: Partykeer werk wenke beter wanneer hulle opvallend is. Wys jou maat wat jy wil hê deur dit in ’n winkel uit te wys of deur die katalogus êrens te laat rondlê. Hy is dalk so verlig dat hy sulke leiding kry, en jy kry wat jy graag wil hê.
  2. Gebruik sosiale media soos Facebook en Twitter: Die kuns is om ’n plasing of twee te plaas, ’n bietjie woordespel te gebruik en jou geliefdes ’n paar opsies te gee.
  3. Praat oor jouself: Dit gaan dinge makliker maak vir jou maat en kinders as jy hulle van jou belangstellings vertel. Praat ’n bietjie oor een van jou gunsteling-skrywers of die nuwe parfuum wat jy baie van hou. Hulle gaan die boodskap kry.
  4. Praat oor ’n geskenk wat iemand anders gekry het: Vertel hulle hoe baie jy van die geskenk hou wat iemand onlangs gekry het. Hopelik snap hulle en koop vir jou ook iets spesiaals.
  5. Maak ’n wenslysie: Oukei, dit is nou nie die subtielste tegniek nie, maar jy kan by webtuistes soos kalahari.com  ’n wenslysie skep.

Vertel jou maat en kinders dit is lekker om bederf te word, maar om tyd saam deur te bring en te weet dat hulle jou waardeer, is die beste geskenk!

- Janine Nel

Bronne: ivillage.com, lemondrop.com, wikihow.com, huffingtonpost.com