Kry vandag nog jou CD teen die voorgestelde prys van R109,99 by Musica en ander musiekwinkels landwyd. Die prys mag verskil tussen handelaars.  

Dis tyd vir die Wêreldbekerrugbytoernooi en wat is nou lekkerder as ’n klomp van jou gunsteling-liedjies om die atmosfeer te bou?

Met Hey! Bokke kry jy 40 van die heel beste partytjieliedjies op twee CD’s. Dis die CD’s wat jy gaan uithaal as jou vriende kom kuier vir ’n braai, as die manne halftyd ’n bier oopmaak of as jy in die motor op pad rugby toe is.

Verskeie top Suid-Afrikaanse kunstenaars is hier te hoor: Johhny Clegg, Leon Schuster, Freshlyground, Steve Hofmeyr, Wicus van der Merwe, Prime Circle, Kurt Darren, Robbie Wessels, Mandoza, Nicholis Louw en Armand Hofmeyr. 

Robbie Wessels is baie opgewonde oor die CD. “Dis ’n voorreg en ongelooflik dat Leeuloop nog so gewild is en op hierdie CD is,” sê hy.

Robbie sê hy kan nie wag vir die Wêreldbeker nie. “Ek gaan elke wedstryd kyk, kliphard vir die Bokke skree en elke dag sommer met die Volkslied begin.”

“Ek kan nie wag om te hoor hoe sing mense Generaal saam met my nie en ek kan nie wag om die Springbokke te sien wen nie!” sê Nicholis Louw.

"Rugby sal altyd in ons bloed wees en musiek en rugby loop hand aan hand. Dus as ons musiek maak, is dit so goed soos rugby speel. Go Bokke! Hoop julle geniet hom!” sê Wicus van der Merwe, een van die kunstenaars wie se liedjies op hierdie CD is.

Daar is ook liedjies van internasionale kunstenaars soos KeishaPinkKaty PerryRight Said Fred,Starship en Roxette op die CD ingesluit.

Volg Huisgenoot op Twitter.