Intussen is bekendgemaak dat die polisie die afgelope 24 uur nog twee verdagtes in verband met die moorde vasgetrek het.

Lees ook: Groot deurbraak in Krugersdorp-moorde

Die ondersoekspan wat die moord op Anthony Scholefield (64) en Kevin McAlpine (29) van Krugersdorp en Hanle Lategan (52) van Roodepoort ondersoek, het bevestig ’n 20-jarige man en 18-jarige vrou is gisteraand op Krugersdorp in hegtenis geneem.

Anthony se lyk is op 10 Mei op Krugersdorp gevind, terwyl Kevin se lyk 17 dae later aangetref is. Hulle was albei makelaars, het kopwonde gehad en is in hul onderskeie motors se kattebak gevind.

Lees ook: Nog ’n terugslag vir swanger Krugersdorp-weduwee

Hanle Lategan is op 31 Mei deur skoolkinders in ’n veld gevind.

Na verwagting sal die twee bykomende verdagtes Maandag 27 Junie in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.

“Harde werk, lang ure en grensverskuiwende ondersoekmetodes het tot die deurbraak gelei,” het ’n waarnemende bevelvoerder, brig. Sipho Ngubane, in ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesê.

Hy het die span geloof vir hul harde werk en vasbeslotenheid.

Enigiemand met inligting word versoek om die Stop Misdaad-nommer, 08600, of 10111 te bel of ’n SMS na die misdaadlyn, 32211, te stuur.