’n Hond wat tot laatnag blaf kan baie mense die harnas in jaag.

[caption id="attachment_126933" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

’n Man van Krugersdorp wat nie meer die lawaai kon uitstaan nie, het sy eie boerboel doodgeskiet.

Die man (60) het Woensdag omstreeks sesuur sowat ses skote op sy hond afgevuur, waarvan vier skote die hond noodlottig getref het.

Lees ook: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!

Die polisie en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) was kort daarna op die toneel.

Jolene Byleveld, woordvoerder van die DBV in Johannesburg, het die voorval bevestig.

Lees ook: ‘Gespanne en hartseer’ honde weier om sterwende baba se hospitaalbed te verlaat

“Die DBV het die hond verwyder. ’n Nadoodse ondersoek word gedoen om bewysstukke teen die verdagte te kry,” sê sy.

Volgens Lucky Matome, ’n polisiewoordvoerder, is die man tans in aanhouding in die Krugersdorp-polisiekantoor en sal hy vandag (Donderdag) in die landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige afvuur van ’n vuurwapen in ’n woongebied en dieremishandeling.

WATTER HONDE BLAF DIE MEESTE?

Volgens die Britse publikasie The Daily Mail blaf Yorkshireterriërs, cairn-terriërs, borderterriërs, miniatuur-schnauzers en beagles die meeste. Kleiner honde is geneig om meer aanhoudend te blaf as groot honde, maar groot honde blaf harder.

Bronne: Petrant.com, Dailymail.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Bedwelmde’ skape maak amok op rustige dorpie

Jennifer Aniston bevestig tragiese nuus

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit

Kyk: Paaie in Indië besaai met plakkies tydens versengende hittegolf