Op 13 September is die media vir die eerste keer amptelik toegelaat om foto’s van die sibbes Leroux en Marcel Steyn te neem.

marcelleroux

Lees ook: Beskuldigdes in Krugersdorp-moorde grinnik glo in hof

So het hulle vandag in die hof verskyn:

Luidens berigte het die staat tydens die verrigtinge die landdros versoek om afdeling 37 van die Strafproseswet (Wet 51 van 1977) aan Marcel te verduidelik. Sy het na bewering geweier dat die polisie foto’s van haar gesig neem vir identifikasiedoeleindes.

Lees ook: Bloedjong tienermeisie en haar broer in hof vir Krugersdorp-moorde

Sy is gewaarsku sy kan van afpersing aangekla word sou sy daarmee volhard. Marcel het aangedui sy verstaan die afdeling van die wet.

Luidens berigte het haar broer, Leroux, na afloop van die verrigtinge na die openbare galery gekyk en vir die dogter van een van sy slagoffers, Hanle Lategan, geglimlag en geknipoog.

Die drie slagoffers waarmee die twee tot dusver verbind word, is:

1. Anthony Scholefield: ’n Bedrag van R9 600 is uit sy bankrekening onttrek. Sy bankkaarte is die volgende dag by ’n slaghuis, klerewinkel en kafee gebruik. Sy beursie, skootrekenaar en selfoon is gesteel.

2. Kevin McAlpine: ’n Bedrag van R1 300 is uit sy rekening onttrek. Sy beursie, skoene en trouring is gesteel.

3. Hanle Lategan: Die eiendomsagent is op 30 Mei om 18:01 die laaste keer gesien. Teen 18:30 is ’n bedrag van R3 000 uit haar rekening onttrek. Haar handsak, iPad en trouring is gesteel.

’n Opspraakwekkende foto is glo op Marcel se foon gevind van die vasgebinde liggaam van Hanle, na bewering hul derde slagoffer.

Christiaan Kruger (28) wat aanvanklik saam met die Steyns aangekla is, is op 30 September vrygelaat. Nog ’n beskuldigde, Fabian Luft (32), is op 25 Augustus vrygelaat.

Bronne: roodepoortrecord.co.za, citizen.co.za