Kristen, wat verlede maand met Robert uitgemaak het ná ’n verhouding van vier jaar, is na bewering baie ontsteld omdat Katy die Britse akteur troos nadat sy en Kristen se verhouding verbrokkel het.

’n Bron het aan MailOnline.com vertel die 23-jarige aktrise is “baie ontsteld” oor gerugte dat Rob en Katy nou vir mekaar ogies maak. Die twee is al jare lank vriende en is Saterdagaand by Björk se konsert in Los Angeles gesien.

Die bron beweer verder Kristen het alle bande met Katy (28) verbreek en hoop steeds Robert (27) wil haar terughê: “Kristen kan nie aanvaar wat gebeur het nie. Sy kan nie oor Rob kom nie. Sy probeer Rob kontak om uit te vind wat in sy lewe aangaan, maar hy reageer nie.”

Daar is onlangs berig Katy, wat ’n aan/af-verhouding met die sanger John Mayer (35) het, het Rob aangemoedig om Kristen te los nadat sy hom verlede jaar met getroude regisseur Rupert Sanders (42) verneuk het.

“Katy het vir Rob gesê sy dink nie sy en Kristen se verhouding kan die skandaal oorleef nie. Sy glo hy verdien iemand beter, nie iemand wat ’n gesin (Rupert s’n) verwoes het nie.”