.

Die Twilight-aktrise (23) en die vervaardiger (42) is in Julie verlede jaar afgeneem toe hulle mekaar soen. Hy en Liberty (34) was toe nog getroud en Kristen het nog met die akteur Robert Pattinson (27) uitgegaan.

Volgens die Amerikaanse tydskrif OK! was die regisseur van Snow White and the Huntsman en die jong ster se tweede romanse kortstondig. Nadat hulle mekaar een keer ná Rupert se egskeiding weer gesien het, het hy dit stopgesit.

Liberty is glo woedend oor die ontmoeting en omdat Kristen haar nooit verskoning gevra het nie. Sy en Rupert het twee kinders, Tennyson en Skyla.