Kris en Bruce Jenner is ná 22 jaar uiteen.

Die paar het twee dogters saam, Kendall (17) en Kyle (16), en elkeen vier kinders uit vorige verhoudings. Hulle het bevestig hulle het op vriendskaplike wyse besluit om hul verhouding te beëindig.

Die ster van Keeping Up with the Kardashians het aan E! News gesê: “Ons woon nie meer saam nie en is baie gelukkiger so.”

Kris (57) het voorheen gerugte ontken dat Bruce op sy eie woon. Sy het gesê: “Ons lag net daaroor. Ons is lief vir mekaar en lag net daaroor. Hierdie soort stories doen al die laaste paar jaar die ronde.”

Hulle is uiteen kort nadat hulle gestry het oor die besit van ’n vuurwapen en of hul tienerdogters die skool mag verlaat.

Bruce (63) was voorheen getroud met Linda Thompson, by wie hy twee seuns, Brandon en Brody, het. Sy eerste vrou was Chrystie Crownover, by wie hy die kinders Burt en Casey het.

Kris se geselsprogram is ná een seisoen gekanselleer. Sy het vier kinders, Kourtney, Kim, Khloé en Rob Kardashian, by haar eks, Robert Kardashian.