Dit is die 34-jarige werklikheids-TV-ster se derde huwelik; sy was ook met die musikant Damon Thomas en die basketbalspeler Kris Humphries getroud. Maar volgens berigte waarsku haar ma nog ’n mislukte huwelik kan haar loopbaan kelder.

Radar Online het vandeesweek berig die paartjie baklei skaars ses maande ná hul troue in Italië. Nou beweer die webtuiste Kris het nie juis simpatie nie. “Kim het aan haar ma gesê sy en Kanye sit vas en Kris het gesê sy sal dit moet oplos omdat haar loopbaan nie nog ’n egskeiding sal oorleef nie,” het ’n bron Maandag gesê. “In ’n mate was dit ’n dreigement. Kim se loopbaan is witwarm en Kris wil nie hê sy moet droogmaak nie.” Blykbaar wil Kris en Kanye albei die voortou neem. Dit het blykbaar onmin tussen die rapper en sy skoonma veroorsaak.

'Ná hul troue wou Kanye meer beheer oor Kim se loopbaan hê.'

“Ná hul troue wou Kanye meer beheer oor Kim se loopbaan hê, maar Kris wil nie ten volle beheer afstaan nie,” het die bron gesê. “Hulle wil albei beheer hê, want hy beskou hom as ’n visionêr en voel hy beskou dinge anders as Kris.” Kim en Kanye is op 24 Mei in ’n skouspelagtige seremonie in Florence getroud. Hulle het ’n 17 maande oue dogter, North. Maar met die uitgebreide familie is alles nie pluis nie. “Kanye en Kris sit nie langs een vuur nie,” sê die persoon in die binnekring.

'Kim en Kanye stry meer as ooit.'

In Touch Weekly het ook beweer daar is ’n slang in die gras. Hulle berig dit is meer ’n sakeooreenkoms as ’n liefdesverhouding.

“Kim en Kanye stry meer as ooit,” het ’n bron gesê.

“Kim voel hul verhouding is meer van ’n sakeooreenkoms as ’n werklike huwelik. Hulle praat net oor sake wanneer hulle saam is en Kim is meer gespanne as ooit.”

© Cover Media