Sy het Izabel en Heinrich Engelbrecht getrou ondersteun toe die we^reld hulle verguis weens die Krion-bedrogspul. Hulle het haar, ’n weeskind, immers uit die goedheid van hul hart ’n huis gegee en soos ’n eie dogter behandel. Of so het sy gedink.

Maar nou is die 22-jarige Cherika Blignaut ontnugter, verward en seergemaak. Sy is die grootste deel van haar erfporsie kwyt, omtrent al wat sy gehad het nadat haar ma in 1999 selfmoord gepleeg het. Haar pa is al in 1996 aan klierkanker oorlede.

En sy is bang, want sy vermoed sy het die wet onwetend oortree toe sy die Engelbrechts stil-stil ’n plaas help verkoop het nadat daar reeds meer as 200 000 klagte van onder meer rampokkery en bedrog in verband met die Krion-piramideskema teen beskuldigdes ingebring is.

Sy wil net he^ ander mense moenie dieselfde foute as sy maak nie. “Ek is bang, want mense wat hulle nie ken nie, kan maklik mislei word. As hulle dit aan ’n weeskind kon doen . . ."

Lees Herman Scholtz se onderhoud met Cherika in Huisgenoot, 11 Oktober 2012.