[caption id="attachment_159423" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Nanagolo Leopeng, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Huisgenoot gesê volgens kringtelevisiebeeldmateriaal lyk dit of die seuns eers in die koshuis en later in hul slaapkamers onsedelik aanrand is.

Dit wil voorkom of nege leerders gemolesteer is.

Die man studeer tans onderwys aan ’n onbekende universiteit en was vir ’n proeftydperk by die skool aangestel.

“Nadat die bewerings aan die lig gekom het, het die student onmiddellik bedank. Dit was nie nodig om ’n dissiplinêre verhoor te hou nie. Die skool het wel ’n klag van onsedelike aanranding teen hom gelê,” het sy gesê.

Nanagolo sê die proefonderwyser het ook die koshuismoeder bygestaan en sport by die skool help afrig. Dit kon nie bevestig word of hy ook in die koshuis gewoon het nie.

Sy wou nie die skool se naam bekendmaak nie om die kinders se identiteit te beskerm. Sy het wel bevestig dis ’n “spogskool”.

Die hoof het intussen sielkundige berading aan die leerders verskaf.