greatfalls

Een van hulle is 'n 23-jarige wat op die polisie se mees-gesoekte lys verskyn het. Hulle het 'n foto van hom op Facebook geplaas en hy kon homself natuurlik nie weerhou om van hierdie foto van hom te hou nie.

Levi Charles Reardon het gedink dit sou 'n goeie plan wees om die polisie te tart deur “te hou van” die insetsel waar hy op die lys van “mees-gesoekte“ persone in die Cascade-distrik verskyn het. Die polisie-afdeling van Montana het volgens berig twee lasbriewe vir sy inhegtenisname uitgereik.

In die geval van Reardon het dit egter nie lank geduur voordat sy teistering in gevangenisskap verander het nie. Slegs enkele dae ná hierdie arrogante kuiertjie van hom op Facebook, het die polisie hom in hegtenis geneem.

Volgens 'n berig in The Great Falls Tribune het Reardon Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte dat hy ernstige misdrywe soos diefstal en vervalsing, gepleeg het.

Aanklaers het gesê dat Reardon daarvan verdink word dat hy 'n beursie en persoonlike tjeks gesteel het. Volgens hofrekords word beweer dat Reardon vier van die gesteelde tjeks gewissel het.

Hy sal op 7 Mei aangekla word.