Die Suid-Afrikaanse krieketheld Jonty Rhodes se vierde kind is vroeg Sondagaand (Indiese tyd) in Moembai gebore en hy kon duidelik nie wag om die gelukkige nuus met sy ondersteuners op Instagram te deel nie.

Nathan John Rhodes "dives" into this world on IPL Final night #incredibleindia #earthmother #waterbirth #midwife

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

In die inskrywing vertel Jonty, wat deesdae ’n veldwerk-afrigter vir die Mumbai Indians-span is, dat en hy en sy vrou, Melanie Jeanee, se pasgebore seun, Nathan John, op die aand van die Indiese Premierliga (IPL) se eindstryd "die wêreld ingeduik het".

Minder as ’n week gelede het hy juis op Instagram vertel dat die baba reeds ’n week laat is, maar dat hy nie die kind kan “blameer omdat hy/sy nie die ‘moederskip’ wil verlaat nie”.

Soos met hul dogertjie, India Jeanne, was dit weer ’n natuurlike watergeboorte.

Geluk, Jonty en Melanie!