[caption id="attachment_116692" align="alignnone" width="605"]Ursula het aanvanklik roem verwerf ná sy haar hare soos Vincent van Gogh se Sterrenag gekleur het. Ursula het aanvanklik roem verwerf ná sy haar hare soos Vincent van Gogh se Die Sterrenag gekleur het.[/caption]

Die gedagte het waarskynlik nog nie by baie mense opgekom nie, maar die Amerikaanse stilis Ursula Goff (33) van Kansas maak vinnig naam met dié nuutste haarfoefie. Sy het byvoorbeeld Die Sterrenag deur Vincent van Gogh en Die Gil deur Edvard Much so uitgebeeld.

Lees ook: Vreemde tendens in Thailand

Ursula, wat al 14 jaar lank ’n haarstilis is, kleur hare op dieselfde manier as wat sy ’n skildery sou aanpak en gebruik dieselfde tegnieke om die kleur aan te wend. Van haar werk is ook beïnvloed deur die werke van kunstenaars soos Roy Lichtenstein en Johannes Vermeer.

Sy doen al haar lewe lank kuns, maar het nie haar naskoolse studie daarin voltooi nie. “Ek het eers onlangs besef die stilering wat ek doen, kan vergelyk word met die kuns wat gedurig in my kop is. Dit beïnvloed die palette wat ek gebruik en soms ook die teksture.”

Lees ook: Man dok byna R18 miljoen op vir foto van ’n aartappel

Sy het ’n foto van die eerste van haar Skone Kunste-reeks, Die Sterrenag, in Desember op Facebook gelaai en dis intussen reeds 13 000 keer gedeel.

[post-slider]

Bronne: dailymail.co.uk, Facebook, metro.co.uk