Johannesburg.

Dit volg nadat die Stad Johannesburg vroeër die week aangekondig het hulle gaan vlak 2- waterbeperkings instel.

Die tekort volg ná kwaai droogtes in dele van die land, tesame met ’n weeklange hittegolf. Woensdag het die temperatuur in Johannesburg tot 36°C gestyg.

Die Stad Johannesburg het Dinsdag op hul Twitterblad gesê daar is ’n probleem met die reservoir in Brixton. “Brixton en omliggende gebiede: Ons reservoir lek, en die druk neem te stadig toe om water vir die watertoring te verskaf. Sodra die watertoring vol is, sal watertoevoer na al die geraakte gebiede herstel word. Ons kan nie bevestig wanneer die watertoevoer volledig herstel sal wees nie.”

The Star het berig twee skole in die suide van Johannesburg het leerders Dinsdag weens die tekort aan water huis toe gestuur.

Die Stad Ekurhuleni het Dinsdag gesê minstens 11 gebiede daar is sonder water. Hulle het ook watertenks na verskeie gebiede gestuur. “As die situasie in al die gebiede verder verswak, sal dit stad beurtwater instel en watertoevoer van 22:00 tot 03:00 sluit,” lui ’n verklaring.

“Die stad sal watervlakke by reservoirs voortdurend gemonitor en beurtwater sal soos nodig ingestel word.”

Bron: News24; EWN