Hy hiet en gebied nie sommer iemand op ’n verhoog nie en hou sy akteurs eers fyn dop voor hy raad uitdeel – hulle moet hom eers wys en surprise. En as jy nie dissipline ken nie, hou maar verby, my broe’.

Dis die David Kramer-manier van teater aanpak, en dit werk – 2011 is immers die jaar waarin dié lewende legende 30 jaar in die bedryf gevier het. En kom nou, wie weet nou nie hoe diep sy spore lê nie?

David het vanjaar 60 jaar oud geword, maar ná 15 albums, nege treffer-musiekblyspele en eindelose toekennings is daar steeds geen keer aan hom nie.

Sou ’n mens sy landwye singery by kampuskonserte en folk-klubs in sy beginjare byvoeg, is hy eintlik al 40 jaar in die bedryf, vertel die saggeaarde man met die bekende swart hoedjie en rooi vellies.

Lees meer oor David se "kinders" - Emo Adams, Jody Abrahams, Emo se boet  Loukmaan, die krulkopmeisie van Shine4 Jill Middlekop, Egoli en Binneland se ­Michelle Pienaar-Crosson, Alistair Izobell . . . in die somer-uitgawe 2011/2012 van Tempo wat nou op die rak is.