foto vir resep

Dis wat jy vir die slaaisous gaan nodig kry:

30 ml (2 e) sojasous

45 ml (3 e) rooiwynasyn

60 ml (¼ k) kanola-olie

45 ml (3 e) heuning of bruinsuiker

1-2 knoffelhuisies, fyngedruk

1-2 ml (¼-½ t) mosterdpoeier

Dis wat jy vir die slaai gaan nodig kry:

1 pak (73 g) tweeminuut-noedels, in stukkies gebreek

½ kopkool, fyn gesnipper

1 rooi-ui, gekap of in fyn repies gesny

1 blik (400 g) heelpitmielies, gedreineer

’n paar pikantrissies, gekap

’n hand vol bosbessies en sultanas of Turkse appelkose

’n hand vol sonneblom- en pampoenpitte, gerooster

’n paar heel pistasieneute (opsioneel)

Voorverhit die oond se roosterelement.

Slaaisous  

Sit al die bestanddele in ’n glasfles, verseël en skud tot goed gemeng. Hou eenkant.

Slaai

Versprei die noedels op ’n bakplaat. Rooster vinnig in die oond tot bros. Hou eenkant. Meng al die slaaibestanddele en giet die slaaisous oor net voor bediening.

  • Checkers het hierdie inhoud verskaf. Klik hier vir dié resep en hier vir nog heerlike Checkers-resepte.