Die lang wag vir die geboorte van die koninklike baba is verby!

Kensington-paleis hetbevestig dat die hertogin van Cambridge in die begin-stadium van kraam is.

Catherine is glo al ’n week verby haar verwagte kraamdatum en sy is vanoggend 06:00 toegelaat tot die St Mary’s-hospitaal in Londen. Prins William het haar vergesel.

Volgens koninklike woordvoerders gaan sy natuurlik geboorte skenk.