Hy het ’n uitnodiging aanvaar om van September af as ’n genoot by die sentrum vir gevorderde studies in gedragswetenskappe aan die Stanford-universiteit in Amerika te dien, sê regter Ian van der Merwe, voorsitter van die UV-raad, in ’n verklaring.

“Die genootskap, wat vroeër vanjaar aan hom toegeken is, is vir hom ’n geleentheid om sy loopbaan as ’n wêreldbekende akademikus in opvoeding verder te bevorder,” lui die verklaring.

Ian sê Jonathan se uittrede is ’n groot verlies vir die universiteit.

Dit kom ’n paar maande nadat studentebetogers van die universiteit gevra het hy moet uittree.

In ’n eksklusiewe onderhoud met News24 in April het Jonathan gerugte ontken dat hy uittree.

“Ek gaan nêrens nie. Die bespiegelinge dat ek weggaan duur al ’n ewigheid. Ek ontvang elke dag e-posse waarin ek gevra word of ek weggaan,” het hy gesê.

Hy is in Julie 2009 as rektor en visekansellier aangestel.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk

Heftige Inge Lotz-debat ontketen sleutelvraag: Het haar eertydse kêrel haar vermoor?

En daar ontaard Riaan Cruywagen in ’n kranige worsrolbakker!