DIE donkerkop-susters word nie oral met ope arms verwelkom nie, maar dit blyk dat hul teenwoordigheid tóg goed kan wees vir besigheid.

Hulle is immers Kourtney en Khloe Kardashian en waar hulle gaan, volg ’n media-chaos gewoonlik.

Só ook was huiseienaars in die ekslusiewe Southampton-stranddorp waarheen ryk New Yorkers in die somer wyk, nie vreeslik opgewonde oor die Kardashians se nuutste TV-projek – Kourtney and Khloe Take the Hamptons – nie.

Die burgemeester van die Southampton Village, Mark Epley, glo egter alhoewel besighede floreer, is dit nie noodwendig net die susters wat meer voete na die area toe gelok het nie: “Ek weet sommige mense het hierheen gekom net om vir hulle te sien en dit het ’n positiewe efffek.”

I do know that we have had some people come to the Village just to see them. And that does have a positive effect.

“Ek kry steeds insette van mense, sommige negatief ander positief. Ek stem egter nie saam dat besigheid in die area gegroei het nét oor hulle hier is nie,” meen Mark. “Besigheid het gegroei, maar dit kan meestal aan goeie weer en ’n sterk ekonomie toegeskryf word.”

I am still getting comments, some negative and some positive. I disagree that business has increased solely due to them. Business has increased, but mostly because we have had good weather and a strong economy…

BRONNE: www.dailymail.co.uk en www.perezhilton.com