Die tiener Samantha Jenkins van Suid-Wallis het sowat 14 stukke kougom per dag gekou, en dis dalk daarom dat sy skielik ineengestort, geweldige stuiptrekkings gekry en gesterf het nadat sy van hoofpyn gekla het.

“Is dit hoe dit voel om dood te gaan? Ek voel verlam.”

’n Lykskouing het getoon die 19-jarige is dood aan natuurlike oorsake. Maar haar ma, Maria Morgan, wat honderde leë kougom-omhulsels in haar tienerdogter se slaapkamer gekry het, hou vol dit was Samantha se gedurige kouery wat tot haar dood gelei het.