Ontmoet baba Fan Jah, ’n piepklein olifantjie in Thailand wat pas met waterterapie begin het om haar beseerde poot te help herstel.

Die vyf maande oue olifantjie se poot is onlangs in ’n slagyster beseer en sy het Donderdag haar eerste sessie waterterapie gekry om haar spiere te versterk en die poot te help herstel.

Sy het ’n deel van haar linkerpoot weens die besering verloor, maar danksy weldoeners in die stad Pattaya aan die ooskus van Thailand behoort dit volkome te herstel.

Haar naam beteken "helder lug", het beamptes by die sorgsentrum aan Reuters gesê.

"Olifantkalfies is gewoonlik gek oor water. As sy dit gereeld kan doen, sal sy dit baie geniet."

Kyk die video hier:

Bronne: The Guardian, BuzzFeed, Asian One.