KORSLOSE QUICHE

LEWER 4-6 KLEIN QUICHES

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 g spek, in blokkies gesny

200 g spinasie, fyn gekap

200 g murgpampoentjies, fyn gerasper

200 g ricotta, gekrummel

200 g cheddarkaas, gerasper

60 ml (¼ k) pietersielie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

6 eiers

250 ml (1 k) bruismeel, gesif

Verhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n vierkantige 20 cm-koekpan of 4 klein tertpannetjies.

1 Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel en spek tot goudbruin.

2 Meng die uiemengsel met die spinasie, murgpampoentjies, ricotta, cheddar en pietersielie. Geur met die sout en peper.

3 Klits die eiers en voeg by die groentemengsel. Meng die meel goed deur die mengsel.

4 Giet in ’n bereide pan en bak 35-40 minute of tot goudbruin en gaar.

5 Laat goed afkoel en pak in skool toe.

WENK: Bak ’n groot souttert, sny in blokke en vries.

-          Carmen Niehaus