LEWER 32 PLAATKOEKIES

Bereiding: 5 minute

Staantyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

BASIESE RESEP

500 ml (2 k) bruismeel

3 eiers, geklits

275 ml (1¼ k) karringmelk

sout en vars gemaalde peper

olie vir panbraai

VARIASIES

Tuna en pitmielies

1 blik (170 g) tuna, gedreineer

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

2 stingeluie, fyn gekap

Spinasie en spek

500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie

125 g spek, gebraai en fyn gekap

Botterskorsie en feta

500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie

2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel

’n knippie komyn

1 Basiese resep Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.

2 Variasies Besluit op ’n variasie. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper. Laat staan sowat 10 minute.

3 Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante.

-          Carmen Niehaus