KOS 22 NOV

LEWER 12-16 BLOKKE

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30-35 minute

6 eiers, geskei

200 ml (¾ k) strooisuiker

200 ml (¾ k) natuurlike jogurt

skil van 1 suurlemoen, gerasper

160 ml (2/3 k) fyn polenta of geel

mieliemeel

175 g gemaalde amandels

8 nektariens, in skywe gesny

versiersuiker vir bo-oor sif

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n vierkantige koekpan

uit met bakpapier.

1 Klits die eiergele en suiker in ’n bak tot lig en romerig en tot dit in ’n dik lint van die klitser afloop.

2 Roer die jogurt en suurlemoenskil in.

3 Vou die polenta en amandels met ’n metaallepel in.

4 Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in.

5 Skep die helfte van die beslag in die koekpan. Pak die vrugte bo-op en skep die res van die beslag oor.

Bak 30-35 minute tot goudbruin en ferm. Laat afkoel en ontvorm op ’n dienbord. Sif die versiersuiker oor. Sny in blokkies.

As julle die koek tuis wil eet, sit dit voor met mascarpone of Griekse jogurt, indien verkies.

Vir die kosblik: Draai die koekblokkies in waspapier toe en pak in. Die koek sal 3-4 dae goed hou.

-  Carmen Niehaus