’n Studie deur die Universiteit van Exeter in die Verenigde Koninkryk het bestudeer hoe ’n persoon se lengte bepaal word en het bevind korter mense kon ’n “groot groep kort-gene” van hul voorsate geërf het.

Navorsers het ook ontdek al is ons langer as ons voorsate as gevolg van ’n gesonder en meer gevarieerde dieet, dra dit net ’n vyfde by tot die groeiversnelling wat oor die jare opgeteken is. Die ander vier-vyfdes word geraak deur genetika wat oor generasies heen oorgedra is.

In hierdie studie, die grootste van sy soort, is ander faktore gevind wat ook bydra tot verskille in lengte. Meer as die helfte van die faktore word toegeskryf aan genetiese variasie, soos die verskille tussen en onder verskeie bevolkings.

Die DNS van meer as 250 000 Europeërs is bymekaargemaak deur navorsers van die groep Genetic Investigation of ANthropometric Traits (GIANT), en uit die meer as 2 miljoen algemene sentrale faktore wat ondersoek is, deel sowat vyf persent van al die deelnemers dit.

Die resultate het getoon 424 streke van die genoom, die materiaal van ’n organisme, het 697 variante verwant aan lengte.

“Dit is algemeen bekend dat mense met lang ouers waarskynlik lank sal wees. Dit is meestal te wyte aan ons DNS-reeks wat ons van ons ouers erf – die verskillende weergawes van al ons gene,” het prof. Tim Frayling van Exeter se mediese skool verduidelik.

“In 2007 het ons die eerste studie gepubliseer wat die eerste algemene geen vir lengte geïdentifiseer het, en sedertdien het die navorsing met rasse skrede gevorder. Ons het nou amper 700 genetiese variante geïdentifiseer wat betrokke is met die bepaal van lengte.

“Dit help baie met die vervulling van ’n wetenskaplike nuuskierigheid wat ’n werklike impak in die behandeling van siektes het wat deur lengte beïnvloed kan word, soos osteoporose, kanker of hartsiekte.

“Dit is ook ’n tree nader aan ’n toets wat ouers kan gerusstel wat bekommerd is dat hul kinders nie so vinnig groei soos wat hulle gehoop het nie – die meerderheid van sulke kinders het dalk net ’n groot groep ‘kort-gene’ geërf.”

Dr. Andrew Wood, wat ook aan die studie gewerk het, het bygevoeg dat meer as vier-vyfdes van die faktore in lengte-variasie is as gevolg van genetika, en die res is ’n gevolg van omgewingsfaktore.

© Cover Media