Die katte word beskou as ’n teken van goedgunstigheid en as die kat die eerste een is wat die nuwe eiendom betree, sal die mense in die huis dan glo baie gelukkig daar woon.

Hoewel meeste dit slegs as ’n bemarkingsfoefie beskou, verseker Sherbank elke nuwe kliënt wat ’n verband by hulle uitneem, kan self uit 10 verskillende soorte katte kies.  Die bank sal dan die kat betyds vir die eienaars se daknatmaak by hul voordeur aflewer.

Op die bank se webtuiste kan mens na al die beskikbare katte kyk, asook na video’s van eienaars by hul nuwe huise, wat die katte liefdevol ontvang.

Ongelukkig mag die eienaars nie die katte hou nie; hulle is net twee uur beskikbaar. Die kat moet dan in daardie tydperk oral op die eiendom loop om van enige slegte geluk ontslae te raak.

- Joanie Bergh

BRON: bbc.com