Dit is die aanbod wat Suid-Afrika se rykes kan oorweeg nadat ontwikkelaars van die Magic Heaven-landgoed teen Durban se Dolfynkus huise begin verkoop het met ’n spogryding op die koop toe.

Die kopers kry ’n “gratis” Jaguar of Range Rover saam met die woning van etlike miljoene rande.

“Ek wou die projek heeltemal uniek maak. Nêrens in Suid-Afrika sal jy ’n huis kry waarby daar ’n gratis motor ingesluit is nie,” het die ontwikkelaar, Lall Mohanlall, aan TimesLive gesê.

Die landgoed se huise word op eiendomswebtuistes bemark as ’n plek vir “mense wat die lewe tot die uiterste wil geniet” en elkeen het ’n tuisrolprentteater. TimesLive berig ook die duurste huise het alles van ’n gim en sauna tot ’n wynkelder en personeelkwartier.

Daar gaan ook ’n vyf-ster-hotel langs die landgoed wees.