Dit wissel van die veteraan-liedjieboer Anton Goosen, operaster Zanne Stapelberg en rock-diva Amanda Strydom in die duide, tot trefferkonings soos Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Riana Nel in die noorde.

“Die Son sal weer Skyn-konserte (die titel een van Jannie se onlangse trefferballades) is spontaan gereël as omgee-konserte om Jannie beterskap toe te wens. Die volle opbrengs van die konserte gaan aangewend om hom te ondersteun vir ’n verlies aan inkomste terwyl hy aansterk,” sê die nasionale koördineerder van die projek en eienaar van M4 Events, Hetta Saunderson.

Kaartjies is van vandag op Computicket beskikbaar teen R120 per persoon en R60 vir skoliere. Die Pretoriase konsert is om seweuur by die Choose Life Church in Moreletapark. Die kunstenaars daar sluit in Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dozi, Corlea Botha, Riana Nel, Arno Jordaan, Jak de Priester, Matthys Roets, Monique, Willem Botha en Liza Bronner.

Die Kaapse konsert is ook om seweuur by die Oase-ouditorium in Rouxville, Kuilsrivier. Die kunstenaars daar sluit in Wicus van der Merwe, Danie Niehaus, Amanda Strydom, Anton Goosen, Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, sangers van die Kunstekaap-opera onder leiding van Albert Horne, Pedro Kruger, Broers, Waldo Lotz, Andries Vermeulen, Dowwe Dolla, Louis Loock, Sarah Theron, Desmond Wells en Schalk Joubert.

“Dit is weereens ’n bewys dat die land se Afrikaanse kunstenaars vir mekaar omgee; almal tree gratis op. Van hulle, wat weens ander verpligtinge nie beskikbaar is nie, het reeds hul beste wense of selfs bydraes vir Jannie gestuur. Jannie maai wat hy gesaai het, want elke keer dat daar so ’n projek is, om iemand te ondersteun, meld hy eerste aan,” sê Hetta.

Volgens Hetta word interessante konserte van topgehalte verwag, met twee van die bedryf se uitstaande musiekregisseurs, Devereaux van der Hoven (Pretoria) en Janine Neethling (Kuilsrivier), wat betrokke is. Die programkoördineerders is die ervare Ronel Brink (Pretoria) en Pedro Kruger (Kuilsrivier).

Volle besonderhede oor die konserte en die adresse is beskikbaar op m4events.co.za.

- Suzanne Venter