Ons vind die top-nuusstories, sodat jy altyd op hoogte kan bly van interessante nuusgebeure:

Die opspraakwekkende Diana-voorblad

Hoe grillerig is die spook van Diana, prinses van Wallis?

So vra The Atlantic Wire in reaksie op die nuustydskrif Newsweekse jongste voorblad waarop ’n digitaal gemanipuleerde Diana saam met Catherine, die hertogin van Cambridge, verskyn.

Die voorblad is deur lesers en die media met skok en afgryse begroet. Op die foto is Diana nog skraal en elegant, maar sy het ’n paar plooie.  “Skokkend, briljant of net doodgewoon goedkoop?” was The New York Times se kommentaar.

Harry se aantreklike nuwe meisie

Prins Harry is glo in ‘n verhouding met die onderklere-model Florence Brudenell-Bruce, gewese meisie van die Formule Een-renjaer Jenson Button, betrokke.

Dít volg nadat Harry dit duidelik gestel het dat sy verhouding met sy eksmeisie Chelsy Davy iets van die verlede is.  ‘n Bron het aan The Sun-koerant gesê Harry en Brudenell-Bruce se verhouding is nog in die beginstadium.

Charlene kry nie koue voete

Die Suid-Afrikaanse swemmer Ryk Neethling het aan plaaslike media gesê alles is op dreef vir Charlene Wittstock se troue aan prins Albert II van Monaco.

Dít kom nadat daar vroeër berig is dat Wittstock glo koue voete gekry het en na Suid-Afrika wou terugkeer.

Neethling, wat die troue Vrydag en Saterdag gaan bywoon, sê hy het Wittstock gebel nadat die Times koerant in Suid-Afrika hom gebel het vir kommentaar.

Bronne: Nuus24, Beeld 

Volg Huisgenoot op Twitter.