, volgens die hertogin se oom Gary Goldsmith.

Prins William en hertogin Catherine se baba sal die eerste ses weke van sy of haar lewe by die Middletons deurbring.

Catherine se oom Gary Goldsmith het onthul die koninklike baba, wat in Julie gebore verwag word, sal eers by die hertogin se ma, Carole Middleton, tuisgaan. Hy dink dis ’n “blink” gedagte, want dit sal die druk op die hertogin van Cambridge verlig.

Hy het gesê: “Jy weet net die baba sal fantasties goed aan die publiek bekendgestel word. En dis ’n blink idee dat hulle die baba die eerste ses weke na Carole se huis gaan neem.

“Carole is ’n uitstekende ma. Sy is 10 jaar ouer as ek en het op my geoefen. Ek dink dis die regte ding om te doen. Dit sal die druk van Kate af haal.”

Die entrepreneur meen die hertog en hertogin van Cambridge sal “wonderlike” ouers wees en hy het Catherine daarvoor geloof dat sy die koninklike familie “toegankliker” help maak het.

Hy het aan die Daily Telegraph bygevoeg: “Kate vaar skitterend in daardie rol. Sy het die koninklike familie toegankliker gemaak. En as ’n baba bykom, sal hulle dit wonderlik doen.”