Hier is 'n paar interessante feite oor William en Kate se baba wat waarskynlik vandag gebore gaan word.

2 – Soveel jaar voor die geboorte van hul baba is William en Kate getroud.

3 – William en Kate se baba sal die derde aanspraker op die Britse troon wees en koningin Elizabeth se derde agterkleinkind.

4 – Prins Harry sal ná die geboorte van die baba afskuif na die vierde aanspraker op die troon.

16 – Van soveel lande sal die baba staatshoof wees as sy/hy eendag die troon bestyg.

31 – Dis hoe oud William en Kate albei is.

41 – Met soveel saluutskote sal die pasgebore baba begroet word.

43 – As die baba ná prins Charles en William die troon bestyg, sal hy/sy die 43ste monarg wees sedert William die Veroweraar.