“Die persoon moet reël dat portiers kougom van die historiese en staatswonings verwyder,” lys die paleis se webtuiste die pligte van die pos by Holyroodhouse in Edinburgh.

Die deeltydse pos, wat sowat R283 000 per jaar betaal, behels ook die skoonmaak van paleistoilette en die “was van alle breekgoed wat vir besoeke aan die paleis vereis word”. Die skoonmaker moet ook “alle foute van meubels en passtukke aan die huishouer rapporteer, alle koperitems volgens die standaarde van die huishouer skoonmaak en al die meubels met stoflakens bedek” wanneer daar nie ’n koninklike tuisgaan nie. Die velerlei pligte vereis kandidate moet “fiks en noukeurig” wees, en die posbekleër “gaan ’n buigsame benadering tot werkure moet hê wanneer die koningin, lede van die koningsgesin en hoë kommissaris daar tuisgaan”.

'’n Mens sou nie verwag dat mense kougom kou wanneer hulle die paleis besoek nie.'

Holyroodhouse dateer van die 16de eeu en is die koningin se ampswoning in Skotland. Dele daarvan is oop vir die publiek, iets waaroor die koninklikes dalk nou spyt is.

’n Koninklike bron sê: “’n Mens sou nie verwag dat mense kougom kou wanneer hulle die paleis besoek nie, laat staan nog dit aan die kosbare oudhede of parketvloer plak.”

Bron: Sapa-AFP /dm