Olga Pronina (40), ook bekend as Monika, het Maandag vir oulaas op haar BMW S1000RR geklim vir ’n “vinnige rit” in Wladiwostok in die verre ooste van Rusland. Dit was kort voordat haar dogter (16) en haar ma by haar sou kom kuier.

Hulle sou egter nooit weer die pragtige, lewenslustige Olga lewend sien nie.

Ilja, een van Olga se vriende, sê hulle het nou al alle moontlikhede ondersoek om uit te pluis wat tot die grusame ongeluk gelei het waarin sy dood is.

“Ons verstaan nie hoe dit gebeur het nie en ons het nog nie haar aanboordkamera opgespoor nie,” sê Ilja oor Olga, een van die min vrouesterre in die baie macho motorfietswêreld.

Guys, I wish a good weekend ??#monika9422 #bmws1000rr #?????? @bikervideos

A post shared by @monika9422 on

Ene Maksim, ook ’n motorfietsryer, sê Olga was ’n uitstekende motorfietsryer. “Sy het die regte aanvoeling daarvoor gehad.

? ??? ?????? ???? ???????????#bmws1000rr #monika9422 #??????

A post shared by @monika9422 on

“Ek is vreeslik geskok dat sy beheer (oor die motorfiets) verloor het.

Waleri Woilodarski, die leier van die Russiese Samurai-motorfietsgroep, sê Olga was ’n dapper mens. “Miskien het sy nie genoeg ervaring gehad nie: Sy’t dalk nie genoeg geval nie,” sê hy.

“Olga het nie beskermende klere aangehad nie, maar ek twyfel of selfs dit haar sou red.

“Sy het haar keuse gemaak en sy het gevaar gekies.”

Hoewel dit nog nie amptelik bevestig is nie, is daar 'n sterk vermoede dat Olga wel teen hoë spoed gejaag het. Haar motorfiets se agterwiel is sowat 600 m van die ongelukstoneel gevind.

Olga het ’n passie vir spoed en gevaar gehad. Reëls was nie iets waaraan sy haar juis gesteur het nie en sy was bekend daarvoor dat sy gereeld sonder beskermende klere gery het. Trouens, Olga het verkies om betreklik skraps geklee die pad aan te durf.

Het sy dit dalk gedoen om die gevoel van vryheid te verhoog?

In haar blog het sy verskeie kere oor haar motorfiets geskryf en die rol wat dit in haar lewe gespeel het.

?? ???? ???? ? ?? ??????? ?? ?????? ??????? ?? #monika9422#??????

A post shared by @monika9422 on

“Ek is lief vir haar (my motorfiets), want sy vergewe my my roekeloosheid. Sy sien om na my roekelose sitvlak, stel my nooit teleur nie, kikker my soms eensame aande op, help my om probleme te vergeet en verskaf oefening vir my liggaam en brein.”

??#monika9422 #bmws1000rr #??????

A post shared by @monika9422 on

“Ek is haar dankbaar vir my blink oë, die warm lug op my wange, die onbeskryflike entoesiasme en gevoel of jy vlieg, die adrenalien – die vryheid wat dit my bied.”

Olga, wat ook 'n haarkapper was, het haar modelvoorkoms en -lyf toegeskryf aan die uitdagings wat ’n motorfiets bied, want “motorfietse is nie vir swak vroue nie”.

Motorfietsveiligheid

In die algemeen word motorfietsryers aangeraai om met "ATGATT" te ry: All the gear, all the time. Dit behels die dra van 'n goeie valhelm, handskoene, beskermende pasgemaakte motorfietsuitrustings (baadjies en broeke) asook stewels, te alle tye op 'n motorfiets.

Plakkies, tekkies en kaalvoet is 'n groot taboe vir enigeen wat op 'n motorfiets wil klim. So ook kortbroeke en T-hemde.

Die beskermende klere sal nie noodwendig beserings uitskakel nie, maar beslis die erns daarvan inperk.

Moet nooit aanvaar 'n bekende roete verdien nie 'n waaksame oog nie. Daar mag dalk gruis op die pad wees, 'n ander padgebruiker kan onverwags rem of voor jou inswaai. Treinspore asook die verf wat ingespan word om bane en rigting op die padoppervlak aan te dui, kan seepglad wees in sekere weerstoestande. 

Is jy dalk lomerig of voel jy jou aandag dwaal? Parkeer maar liewer jou motorfiets en vra 'n vriend vir 'n geleentheid.

Dit is nie onwettig om tussen voertuie deur te ry waar daar meer as een baan verkeer in dieselfde rigting beweeg nie, maar wees bedag op die beweging van voertuie en ander motorfietsryers rondom jou.

Gehoorsaam die padreëls en spoedbeperkings.

Bronne: siberiantimes.com, inquistr.com, metro.co.uk