’n Groen Daimler wat aan koningin Elizabeth II behoort het en wat sy bestuur het, is op ’n veiling vir R650 000 verkoop.

Auction house Historics het gesê dat die koningin die voertuig tussen 2001 en 2004 gebruik het om by Windsor-kasteel rond te ry en om na en van Buckingham-kasteel te ry. Die koningin het dit glo soms self bestuur en is ook daarin rondgery.

Volgens die afslaers het die motor verskeie modifikasies, soos ’n aangepaste armleuning met ’n skuifruimte waarin die koningin se handsak pas. In die motor is ook skaapwolkomberse en nog ekstra toebehore.

Die motor is Saterdag in Surrey, naby Londen, verkoop aan iemand wie se naam nie bekendgemaak is nie.

-          SAPA

sapalogo