Elizabeth (87) wou so seker maak sy loop nooit ’n episode van Coronation Street of EastEnders mis nie, of sy nou by Buckingham-paleis of Windsor-kasteel is.

Die aktrise Minnie Driver (43) het aan die koerant Daily Star gesê: “Ek het die Windsor-kasteel besoek toe ’n ere-Bafta aan die koningin toegeken is.

“Sy het na ons toe gekom en ons het oor rolprente gesels. Sy wou weet wat die laaste fliek was wat ek gesien het en dit was die gewaagde Last Tango in Paris.

“Ek kon dit nie vir die koningin sê nie en het natuurlik gejok. Toe kon ek myself nie keer nie en vra wat die laaste rolprent was wat sy gesien het. Sy het geantwoord: ‘O, ek het lank gelede iets by Leicester Square gesien.

“Toe vra ek: Het u dan nie Sky+ nie? Sy het gesê: ‘ ’n Mens het Sky+, maar ’n mens is die hele tyd so besig.’ ”

Die aktrise het geskerts sy was heeltyd bang sy sou die koningin Pam noem.

Minnie het gesê: “Al waaroor ek my bekommer het, was dat iemand gesê het jy moet die koningin eers as ‘u majesteit’ aanspreek en daarna as ‘ma’am’. om met Pam te rym. Ek was so bang ek noem haar Pam!”