harry6

Die rooikop-prins het die gesigshare laat groei tydens sy 320 km lange ekspedisie in Antarktika vir die Walking for the Wounded South Pole Allied Challenge 2013 en dit nog nie afgeskeer nie.

Sy ouma is glad nie gaande oor sy nuwe voorkoms nie en verkies dat hy “skoon geskeer” is noudat hy terug by die huis is. “Die koningin het dit duidelik gemaak sy hou nie daarvan nie,” het ’n bron aan die Sunday Express vertel.

“Sy gee nie om as mans in die koningsgesin ’n baard dra wanneer hulle deel is van die gewapende magte of in die wildernis is soos Harry in Antartika was nie, maar verwag dat hulle skoon geskeer moet wees wanneer hulle tuis is.

“Koninklike personeel is nie veronderstel om ’n baard of snor te dra nie en sy dink waarskynlik dis moeilik om dié reël toe te pas as haar eie kleinseun ’n baard het.”

Hoewel Harry “dit waarskynlik binnekort sal afskeer” wil hy eers vir sy meisie, Cressida Bonas, sy nuwe voorkoms wys en hoor wat die blondine daarvan dink.

“Harry hou nie daarvan om die koningin te ontstel nie en sal dit waarskynlik binnekort afskeer, maar hy is nogal rebels en gaan nie dadelik daarvan ontslae raak nie.”